Che Guevara

Che Guevara
Guerrillero Heroico

Che Guevara by die gedenkdiens van die La Coubre ontploffing. Geneem deur Alberto Korda op 5 Maart 1960.
Gebore
Ernesto Guevara

14 Junie 1928
Rosario, Santa Fe, Argentinië
Sterf9 Oktober 1967
La Higuera, Vallegrande, Bolivië
BeroepDokter, skrywer, guerrilla, regeringsamptenaar, Militêre strateeg
Politieke partyBeweging van die 26ste Julie, Verenigde Party van die Kubaanse Sosialistiese Rewolusie,[1] Nasionale Bevrydingsweermag van Bolivië
EggenootHilda Gadea (1955–1959)
Aleida March (1959–1967, sy dood)
KindersHilda (1956–1995), Aleida (* 1960), Camilo (* 1962), Celia (* 1963), Ernesto (* 1965)
Ouer(s)Ernesto Guevara Lynch[2]
Celia de la Serna y Llosa[2]
Handtekening

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Ernesto "Che" Guevara (14 Junie[5] 19289 Oktober 1967) algemeen bekend as Che Guevara, El Che of net Che, was 'n Argentynse Marxistiese revolusionêr, dokter, skrywer, intellektueel, guerilla-leier, militêre teoretikus en 'n groot figuur in die Kubaanse Revolusie.[6] Sedert sy dood het sy gestileerde gelaat 'n alomteenwoordige kontrakultuursimbool geword asook globale ordeteken in volkskultuur.[7]

As 'n mediese student het Guevara Latyns-Amerika deurkruis en is hy omvorm deur die grootskaalse armoede wat hy aanskou het.[8] Sy ervarings en waarnemings op hierdie reise het hom maak besluit dat die gebied se ingewortelde ekonomiese ongelykhede die inherente gevolg van monopolistiese kapitalisme, neokolonialisme en imperialisme was, met 'n wêreldrevolusie as die enigste oplossing hiervoor.[9] Hierdie oortuiging het tot sy betrokkenheid in die sosiale hervorming van Guatemala onder president Jacobo Arbenz Guzmán, wie se uiteindelike val (met behulp van die Amerikaanse CIA) Guevara se radikale ideologie verstewig het. Later, terwyl hy in Meksikostad gewoon het, het hy Raul en Fidel Castro ontmoet, aangesluit by hulle Beweging van die 26ste Julie en Kuba ingeneem aanboord van die Granma seiljag met die bedoeling om die Amerikaans-gesteunde Kubaanse diktator Fulgencio Batista omver te werp.[10] Guevara het gou aansien verwerf onder insurgente, is bevorder tot tweede in bevel, en het 'n deurslaggewende rol gespeel in die suksesvolle guerrilla-veldtog wat uiteindelik ontslae geraak het van die Batista-bewind.[11]

Na die Kubaanse revolusie het Guevara 'n aantal sleutelrolle in die nuwe regering gehad. Dit het o.m. die oorsig van appèlle en die teregstelling deur vuurpeloton van diegene wat skuldig bevind is aan oorlogsmisdade gedurende die revolusionêre tribunale,[12] ingesluit asook die instelling van landelike hervorming as minister van industrieë. Verder het hy ook gedien as president van die nasionale bank van Kuba asook die raadgewende direkteur vir Kubaanse weermag en het hy die wêreld platgereis as 'n diplomaat ten behoewe van Kubaanse sosialisme. Sulke ampte het hom in staat gestel om 'n sentrale rol te speel in die opleiding van die weermag wat die inval in die Varkensbaai (Bay of Pigs) afgeweer het,[13] asook om die kerngelaaide ballistiese vuurpyle van die Sowjetunie na Kuba te bring, wat aanleiding gegee het tot die Kubaanse missielkrisis.[14] Hiermee saam was hy ook 'n vrugbare skrywer en dagboekskrywer en het hy 'n gedagteryke gids oor guerrilla-oorlogvoering saamgestel, tesame met 'n topverkopende memoire oor sy jong dae waar hy op 'n motorfiets Suid-Amerika deurkruis het. Guevara het Kuba in 1965 verlaat om onsuksesvolle revolusies aan te wakker, eers in Kongo-Kinshasa en later in Bolivia, waar hy gevange geneem is deur CIA-gesteunde Boliviaanse magte en tereg gestel is.[15]

  1. Partido Unido de la Revolución Socialista de Cuba, aka PURSC
  2. 2,0 2,1 (en) Unknown, Autor. "Guevara, Che". Encyclopædia Britannica Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2022. Besoek op 30 September 2001.
  3. (en) The Spark That Does Not Die by Michael Löwy, International Viewpoint, July 1997
  4. (en) Embodiment and Agency, by Sue Campbell & Letitia Meynell, Penn State Press, 2009, ISBN 0-271-03522-6, bl. 243
  5. Die geboortedatum aangeteken op sy geboortesertifikaat was 14 Junie 1928 alhoewel een tersiêre bron (Julia Constenla, aangehaal deur Jon Lee Anderson) meen dat hy eintlik op 14 Mei van daardie jaar gebore is. Constenla voer aan dat sy deur 'n onbekende astroloog meegedeel is dat Che se moeder, Celia de la Serna, reeds swanger was toe sy en Ernesto Guevara Lynch getroud is en dat die datum op die geboortesertifikaat aangepas is, om dit te laat voorkom of Che 'n maand later gebore is en dat hy hulle seun was, om 'n skandaal te vermy. (Anderson 1997, pp. 3, 769.)
  6. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  7. Casey 2009, p. 128.
  8. Oor Revolusionêre Medisyne Toespraak deur Che Guevara aan die Kubaanse Burgermag op 19 Augustus 1960
  9. By die Afro-Asiatiese in Algerië Toespraak deur Guevara aan die Tweede Ekonomiese Seminaar van Afro-Asiatiese Solidariteit in Algiers, Algerië op 24 Februarie 1965
  10. Beaubien, NPR Audio Report, 2009, 00:09-00:13
  11. "Castro's Brain" 1960.
  12. Taibo 1999, p. 267.
  13. Kellner 1989, p. 69-70.
  14. Anderson 1997, p. 526-530.
  15. Ryan 1998, p. 4

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search